Wees trots op jou produk ,en wys wat jy kan doen. Dít is die raad wat die 2025 Lamb Champs-wenner, Hennie Jonker, met vanjaar se kompetisiedeelnemers wil deel. Ons praat met hom oor die Hampshire Down-skaapras waarmee hy boer, en hoe die kompetisie tot sy boerdery bygedra het. Agrifusion is besig om ’n ESG-kaart in samewerking met Rooivleisbedryfsdienste te ontwikkel met die oog op risikobestuur in die rooivleisbedryf. Frans van Wyk vertel wat dit behels. Heinrich Victor is op sy pos met die jongste wolmarkverslag.