Die koning van onkruid, Palmer amaranth, is in Januarie vir die eerste keer op ‘n mielieplaas in die Potchefstroom-omgewing opgemerk. Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA verduidelik wat boere te doen staan om verdere verspreiding te voorkom. Ons het inligting oor Lucasdam Dorpers en CJ Coetzee Witdorpers se veiling wat op 24 Februarie in Postmasburg plaasvind. Johan van den Berg bring ons op hoogte van weersake, en Chris Derksen is op sy pos met die jongste vleispryse.