BKB bied op 20 Januarie die grootste speenkalfveiling in die land in Bloemfontein aan. Schalk Buitendach van die Dorland Trust vertel van die nagenoeg 6 000 diere wat op aanbod sal wees. Groot kommer heers oor die droogte in die Noord-Kaap, maar hoe lyk die oorhoofse prentjie, en hoe gaan dit met landbou in dié provinsie? Ons praat met Willem Symington van Agri Noord-Kaap. Johan van Berg gesels weersake.