Het jy geweet Brasilië word wêreldwyd as ’n voorloper in biologiese landbou beskou? Wat kan Suid-Afrikaanse produsente by hulle leer? Ons praat hieroor met Martin Booysen van InteliGro, en Debbie Matteucci van die Suid-Afrikaanse Bioproduk-organisasie. Die Rooivleisprodusente-organisasie voldoen nou aan internasionale ISO 9001-standaarde, en het ook ‘n RPO-gehaltebestuurstelsel geregistreer. Die Dohne-Merino Skaaptelersgenootskap bied hulle nasionale veiling op 31 Januarie in Bloemfontein aan.