Die uitvoermark vir appelkose van Suid-Afrika af is groot, maar as gevolg van beperkte kultivars kan daar nie aan die vraag voldoen wordnie. Daar is in 2025 21% minder appelkose uitgevoer weens kleiner oeste en vruggrootte. Daar is egter ‘n nuwe variëteit beskikbaar. Michael Oosthuizen van International Plant Selection vertel meer. ‘n Video is die afgelope tyd op sosiale media versprei, wat beweer dat kalwers as gevolg van die bek-en-klouseer-inenting vrek. Dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk praat hieroor. Heinrich Victor is terug met die eerste wolmarkverslag vir 2026.