Pres. Donald Trump oorweeg dit om MIV-medisyne van weerlose mense in Zambië te weerhou omdat die land glo nie aan Amerikaanse maatskappye voorkeurtoegang tot sy kritieke minerale wou gee nie. Dit kom te midde van ’n 30 April-sperdatum waar geen ooreenkoms skynbaar tussen die twee lande bereik is nie. Teen dié agtergrond ontstaan ’n ongemaklike vraag oor hoe ver geopolitieke onderhandelinge kan strek wanneer medisyne en ekonomiese belange op die tafel is. Ons praat met Liesl Louw-Vaudran, ’n seniornavorser by die International Crisis Group.