Agt jaar gelede het Nico en Zaan van der Merwe van Kaapstad hulle tweejarige dogtertjie, Liah, verloor toe sy in die gesin se swembad verdrink het. Nou wil hulle dié verlies in iets positiefs omskep deur te help voorkom dat ander gesinne dieselfde tragedie beleef. Nico en ’n paar vriende gaan die uitmergelende Ysterman-driekamp aanpak om geld vir swemopleiding vir minderbevoorregte kinders in te samel, en bewustheid oor waterveiligheid te skep. Ons praat met Nico en een van sy vriende, Hanno Coetzee.



