Kunswerke en antieke meubels en keramiekware van die bekende afslaer en kunskenner, Stephan Welz, kom aanstaande week onder die hamer. Welz is in 2015 oorlede. Hy was een van die stigters van Strauss & Co, wat die veiling van sy en sy vrou, Carmen, se private versameling sal hanteer. Ons praat met Wilhelm van Rensburg van Strauss & Co.