'n Groot skroef is los op universiteitskampusse, en studente word subtiel geïndoktrineer om sekere ideologieë te aanvaar. Dís die mening van die opvoedkundige, dr. Jeanette de Klerk-Luttig, in 'n onlangse artikel in Rapport. In reaksie hierop het twee briefskrywers haar gekap, en gesê daar is kwalike bedekte rassisme en seksisme in die artikel vervat en dat dit jongmense - studente - vlak kyk. Ons praat hieroor met professor Johann Rossouw, hoof van die departement filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.