Winnie-the-Pooh vier 100 jaar!

 
Dis vandeesmaand presies 'n 100 jaar gelede wat die eerste Winnie-the-Pooh-boek verskyn het. Dié geliefde heuningvretende beer en die karakters om hom, is en bly een van die wêreld se gunstelingkinderverhale. Dis in meer as 50 tale vertaal, en die Latynse weergawe bly tot vandag toe nog die enigste Latynse boek wat op die New York Times se topverkoperlys verskyn het. Winnie-the-Pooh is ook twee keer in Afrikaans vertaal. In 1952 het Gratia Hess dit vertaal, en in 1985 is dit deur Alba Bouwer vertaal. Daar was natuurlik ook 'n gerf vol flieks. Ons gesels hieroor met Shawna-Leze Meiring, kinderboekredakteur by Penguin Randomhouse en Lapa-uitgewers.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het… 

Social links