Wat gebeur as jy ’n motor op finansiering koop, en dit blyk defektief te wees? ’n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof kan belangrike gevolge vir verbruikers hê en groter duidelikheid bring oor die verantwoordelikheid van finansierders wanneer iets verkeerd loop met ’n gefinansierde voertuig. Wat beteken hierdie uitspraak vir jou as motoreienaar, waarna moet jy in jou finansieringsooreenkoms oplet, en wat is jou regte as jou motor probleme gee? Ons praat met verbruikersregprokureur Trudie Broekmann.