Van punkrock-rebel tot een die mees gevestigde name in Afrikaanse musiek – Francois van Coke se loopbaan is een van volharding, groot liedjies en nog groter rock ’n roll. Nou het hy nóg ’n SAMA by sy versameling gevoeg, dié keer vir Die Ruimte, wat beste rock-album gewen het. Dit bring sy SAMA-oorwinnings op nege te staan – ’n indrukwekkende prestasie vir ’n kunstenaar wat oor meer as twee dekades aanhou om gehore aan die sing, skree en rock te kry.