Die Wes-Kaap brand, en dit raak al hoe moeiliker om die vlamme te bestry. Van Stanford tot Pearly Beach en Mosselbaai woed talle veldbrande, terwyl uiterste hitte, digte bosse en rook die werk van brandbestryders bemoeilik. Helikopters is ontplooi, hulp is van oraloor ingeroep en inwoners word gewaarsku om paraat te wees terwyl die vlamme diep in ontoeganklike terrein woed. Vir die jongste nuus op Mosselbaai praat ons met dié kusdorp se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveilgheid, Leon van Dyk.