RSG en 7de Laan se matriekafskeidsprojek het verlede week ten einde geloop, en twee matrieks, Allistacia Arendse van die Hoërskool Breërivier op Worcester en Athluano Stevens van die Hoërskool Langeberg Robertson, is die gelukkige leerlinge wat ‘n matriekafskeidrok en -pak, spesiaal gemaak deur 7de Laan se garderobe, gaan dra na hulle matriekafskeid oor ‘n maand of drie.