Weke lank woed daar nou al ‘n debat op sosiale media en in koerante oor sogenaamde kitsch lit en romanzas. Dis liefdesverhale en hygromans wat nie hogere letterkunde is nie. Aan die een kant is daar letterkundiges wat dit afmaak as nie die moeite werd om gepubliseer te word nie, en aan die ander kant is daar skrywers, uitgewers en boekwinkels wat meen hierdie boeke het ‘n plek, bied vermaak aan lesers en verkoop baie goed en hou dikwels die boekebedryf finansieel aan die gang. Marida Fitzpatrick is die hoof van fiksie by Penguin Randomhouse-uitgewers en ook ‘n skrywer.