Ons onthou haar as Daleen van Binnelanders, en meer onlangs as Magda Louw. Deesdae is Desiré Gardner net so besig agter die kameras as voor die kameras. In die 1990's was Reënboogrant deur Louise van Niekerk, 'n uiters gewilde tienerboekreeks. Desiré het dit nou verwerk as 'n TV-reeks vir Showmax.