Sedert berigte oor die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Swart ekonomiese bemagtingsvereistes, heers daar groot verwarring oor wat waar en wat wolhaar is. Landbouorganisasies verskil selfs onder mekaar. Nou het die nie-winsgewende organisasie, Sakeliga deur middel van 'n PAIA-aansoek, vertroulike dokumente bekom wat blykbaar die departement van landbou se planne vir S.E.B. in die sektor blootlê. Ons praat vanoggend met die uitvoerende hoof van Sakeliga, Piet le Roux.