Die begroting is té verpolitiseer sê die nasionale tesourie se waarnemende beleidshoof vir belasting, Chris Axelson. Hy het dié mening by 'n PSG-beraad gehuldig. Volgens hom kan daar nie goedsmoeds besnoei word nie, en waar dit wel moontlik is, sal dit net enkele miljoene rand ekstra beteken, terwyl daar miljarde rand nodig is. Daar moet oor sowat twee weke die eerste keer oor die begroting gestem word, terwyl verskeie partye ontevrede is met die begroting, onder meer oor die halwe persentasiepunt verhoging in BTW. Wat gebeur indien die begroting nie goedgekeur kán word nie? Ons praat hieroor met professor Theo Venter van die Universiteit van Johannesburg.