Vandeesmaand, presies 200 jaar gelede in Mei 1824, het Beethoven sy negende simfonie gedirigeer toe hy reeds doof was. Maar Beethoven is ook om 'n ander rede in die nuus. Wetenskaplikes het uitgebreide toetse op twee van Beethoven se haarlokke gedoen, en interessante bevindings gemaak. Daar is onder meer vasgestel dat die loodkonsentrasie in dié briljante en kleurryke komponis, 95 keer hoër is as normaal. Ons praat hieroor met Dawid Brand, 'n vryskutjoernalis wat onder meer vir die Afrikaanse e-naslaangids, weet.co.za, skryf.