Die Telkom Radio-toekennings vind jaarliks plaas om uitnemende en innoverende werk in die Suid-Afrikaanse radiobedryf te vereer. Kampus-, gemeenskap-, streeksradio en stasies met ‘n nasionale voetspoor ding met mekaar mee. RSG het vanjaar verskeie benoemings ontvang en het met twee pryse weggestap. Een van ons Kompas-aanbieders, Chloè van Rooyen, is ingehuldig as die Jong Ster van die Jaar, en RSG Geldsake is aangewys as die beste sake- en finansiële program. Ons praat hieroor met Ryk van Niekerk, gereelde aanbieder van RSG Geldsake.