Waldemar Schultz is geen onbekende op ons TV-skerms nie. Hy was jare gelede elke aand 'n kuiergas in Afrikaanse huise as Jan-Hendrik Terblanche in 7de Laan, en deesdae in talle ander Afrikaanse en Engelse rolle, veral as die legendariese kolonel Piet van der Bijl, in die kykNET-reeks, DIE BYL. In die kortfliek, THE LAST RANGER, vertolk Waldemar die rol van Micky. Dié fliek is op die kortlys om vir 'n Oscar benoem te word.