Vandag, op Vryheidsdag, kyk Suid-Afrika terug op ’n geskiedkundige oomblik wat die land vir altyd verander het: 27 April 1994, toe miljoene mense vir die eerste keer aan ’n demokratiese verkiesing kon deelneem. Meer as 30 jaar later leef ons steeds met die betekenis van daardie dag: die reg om te kies, te praat, te droom en te behoort. Maar hoe ver het ons werklik gekom? Wat beteken vryheid in 2026, en hoe lyk die pad vorentoe? Ons praat hieroor met dr. Leslie van Rooi, studentedekaan by die Universiteit Stellenbosch.