Die tweede fase van die Amerikaanse vredesplan tussen Hamas en Israel moet nou in werking tree, het die Amerikaanse president Donald Trump se gesant, Steve Witkoff, aangekondig. Die eerste fase van die plan geld sedert Oktober verlede jaar, en sedertdien heers daar relatiewe vrede in Gasa. Ontleders is egter onseker of die tweede fase wel in werking gestel kan word omdat daar nog nie aan al die voorwaardes voldoen is nie, onder meer dat Hamas van al hulle wapens ontslae moet raak, en Israel 'n onafhanklike Palestynse staat moet erken. Ons praat hieroor met professor Abel Esterhuyse van die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch.