Die Suid-Afrikaanse sjef, Barend Greyling, skrik nie vir sandduine, hitte en die duisende honger beamptes, personeel en renjaers by vanjaar se Dakar-tydren in die woestyn in Saoedi-Arabië nie. Barend en sy span moet elke dag oppak en trek na die volgende punt, waar hulle moet voorberei om vir duisende mense kos te gee, van koninklikes tot die renjaers, werktuigkundiges, TV-spanne, medici en ander ondersteuningspersoneel. Barend sluit by ons aan uit die woestyn.