Elke Vrydag maak ons maalvleis van mites en fopnuus. Ons fokus op een die wêreld se mees omstrede politici, Donald Trump. Waar Trump is, volg nuusopskrifte, sterk menings én ongelukkig ook fopnuus. Die nuusagentskap, AP, het ’n klomp van dié bewerings ondersoek. Ons praat met Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur.