Op en WakkerOp en Wakker

Verskonings, vergifnis en onvergewensgesindheid

View descriptionShare
Die dood en staatsbegrafnis van Koningin Elizabeth II was een van die grootste TV-gebeurtenisse van die onlangse geskiedenis, met meer as vier miljard mense oor die wêreld heen wat daarna gekyk het. Die kommentaar van gaste op die onderskeie TV-kanale het nogal hemelsbreed verskil, veral na gelang van waar in die wêreld of Statebond jy gekyk het. Ook hier in Suid-Afrika het heelwat kommentators mond uitgespoel oor koloniale vergrype of slawerny met ‘n verwagting dat die huidige koninklike familie daarvoor om verskoning moet vra. Of die Cullinan-diamant teruggee. Of minstens iets sê oor die Boereoorlog se konsentrasiekampe. Ons praat oor verskonings, vergifnis en onvergewensgesindheid met dr. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,803 clip(s)