Op en WakkerOp en Wakker

Verklaar bendes tot nasionale krisis

View descriptionShare
Daar gaan byna nie 'n dag verby sonder dat iemand in bendegeweld in Suid-Afrika sterf nie. Dit is dikwels skoolkinders van die Kaapse Vlakte, Westbury en Eldorado Park in Johannesburg, Reigerpark aan die Oos-Rand of Eersterus by Pretoria, wat doodgeskiet word. Daar is al baie gepraat, en daar was al baie planne - selfs die weermag is al ingeroep - om van hierdie geweld ontslae te raak. Met president Cyril Ramaphosa se besoek aan die Withuis, het die sakeman, Johann Rupert in die Oval Office bendegeweld aangeroer. Nou vra die FW de Klerk-stigting dit moet as 'n nasionale krisis verklaar word. Ons praat hieroor met Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die stigting.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,735 clip(s)