Met die datum vir die munisipale verkiesings wat nou amptelik bekend is, verskuif die fokus opnuut na plaaslike regering, en of munisipaliteite werklik die vaardighede en bestuurskapasiteit het om dienste te kan lewer. In baie gevalle is dit nie net ’n kwessie van beleid nie, maar van uitvoering: Wie bestuur wat, hoe word hulle opgelei, en word prestasie regtig gemeet aan impak op die grond? Ons praat met dr. Harlan Cloete, ’n kenner van plaaslike regeerkunde en navorsingsgenoot by die Universiteit van die Vrystaat.