Op en WakkerOp en Wakker

Vergifnis, straf en boetedoening

View descriptionShare
 
Ons saai uit vanaf die RSG en ATKV-vierkant by die Woodfees op Stellenbosch. Ons eerste gaste gesels oor vergifnis, straf en boetedoening. Die Springbok, André Esterhuizen, was onlangs in die nuus oor 'n beweerde rassistiese uitspraak, jare gelede toe hy op skool was. Daar ook die geval van die VF Plus se burgemeesterkandidaat vir Nelson Mandelabaai, Bill Harrington, wat meer as 30 jaar gelede tronkstraf uitgedien het vir moord. Dan is daar natuurlik Eugene de Kock, wat 20 jaar tronkstraf uitgedien het vir sy misdade, en talle van sy slagoffers se families ontmoet het en aan hulle vertel het wat gebeur het, en verskoning gevra het. Dan was daar die oorlede oudminister Adriaan Vlok, wat mense om vergifnis gevra en hulle voete gewas het. Daar is natuurlike tientalle soortgelyke gevalle wat 'n mens sou kon noem. Ons praat oor vergifnis, hoe dit werk, bestaan dit werklik en wat behoort te gebeur indien mense hulle straf uitgedien het? Ons gaste is professore Anton van Niekerk en Louise du Toit verbonde aan die Departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch, en prof. Piet Croukamp van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het… 
Social links
Recent clips
Browse 7,967 clip(s)