Hy het reeds twee Grammys op sy kerfstok, maar die bekroonde internasionale musiekfenomeen, Wouter Kellerman, bly 'n Suid-Afrikaner in murg en been wat vir 20 jaar lank moes kinders grootmaak voordat hy sy musiekloopbaan kon vlerke gee. Wouter kuier in die RSG-ateljee om te gesels oor sy reis met musiek, maar ook al die ander lewensreise wat van hom so 'n interessante en veelsydige mens maak.