Ons hoor gereeld van Suid-Afrikaners wat die land verlaat weens 'n legio redes, maar minder van dié wat terugkeer. Antoinette van der Merwe en haar gesin het uit Switserland na Suid-Afrika terug gekeer. Antoinette het 'n potgooi-reeks, O, my volk!, waar sy gesels oor emigrante wat terugkeer na Suid-Afrika.