Veediestal kom algemeen op die platteland voor, maar kry dit regtig die media-aandag wat dit verdien? Nuwe navorsing wys dat dié misdaad dikwels onder die dekmantel gevee word, terwyl ander kwessies soos plaasmoorde buitensporige aandag kry. Die navorsing kyk na hoe daar tussen 2018 en 2025 in verskillende provinsies oor veediefstal berig is. Ons praat met die man agter die studie, Willie Clack, ’n senior navorser en lektor by Unisa.