Sy was op haar dag 'n motorfietsryer én 'n heavy metal-tromspeler. Sy het verlede jaar die eerste vroue eerste minister van Japan geword - Sanae Takaitsji. Sy het die wêreld aan die gons gehad toe sy Sondag in 'n blitsverkiesing, 'n wegholoorwinning behaal het - die grootste oorwinning vir 'n Japanse Eerste Minister in 70 jaar. Takaitsji is onebskaamd konserwatief. Ons praat hieroor met Jaco Kleynhans van die Solidariteit-beweging.