Van Bakgat-wenner tot beskuit in 162 koffiewinkels landswyd!

 
Van ’n ouma se kombuis in Pretoria tot 162 koffiewinkels landswyd! Dis die suksesverhaal van Magda Janse van Vuuren, wat verlede jaar die tweede RSG en Virseker Bakgatbeskuitkompetisie gewen het. Dié kompetisie is juis daarop gemik om entrepreneurskap te bevorder en drome waar te maak. By die finaal in Midrand het Stephan Bredell, medestigter van Plato, almal verras met die aankondiging dat die wenbeskuit vir ’n jaar lank in hulle winkels verkoop sal word, en vandag word daardie belofte waar. Ons gesels met tannie Magda én Stephan Bredell oor dié bakgat-mylpaal.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het… 

Social links