Nuwe dokumentêr ondersoek Hermanus se grondkrisis

 
In 2018 het gewelddadige grondbetogings Hermanus in die Wes-Kaap tot stilstand geruk. Agt jaar later bly vrae oor politieke verantwoordbaarheid, grondbesetting en mislukte pogings om die behuisingskrisis op te los steeds onbeantwoord. ’n Nuwe ondersoekende dokumentêr, STOLEN GROUND: THE HERMANUS STORY, plaas dié gebeure weer onder die vergrootglas. Bewerings van geldmaak uit grondbesetting kom onder meer onder die loep. Ons praat met Leandra Enslin, ’n vervaardiger by AfriForum TV.

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het… 

Social links