Die Amerikaanse ambassadeur, Leo Bozell, wat deur die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ingeroep is om sy uitsprake te verduidelik, het volgens die departement verskoning gevra. Bozell het onder meer gesê hy steur hom nie daaraan dat die Konstitusionele Hof die lied, Kill the Boer, nie as haatspraak verklaar het nie. Bozell is die tweede Amerikaanse ambassadeur in minder as drie jaar, wat in die warm water by die Suid-Afrikaanse regering is. Reuben Brigety, Bozell se voorganger, is in 2023 ook ingeroep. Ons praat hieroor met die leier van die VF Plus, dr. Corné Mulder.