’n Nuwe ondersoek deur ViewFinder het ’n skokkende werklikheid blootgelê: ’n martelingsmetode wat in die apartheidsera gebruik is. Dié metode, bekend as “tubing”, word steeds gereeld deur polisiebeamptes gebruik. Dit behels dat beskuldigdes versmoor word om antwoorde uit hulle te kry, dikwels sonder enige dissiplinêre gevolge. Dit laat vrae ontstaan oor verantwoordbaarheid en menseregte binne die polisie. Ons praat met Daneel Knoetze, stigter van Viewfinder, oor die bevindings van die ondersoek en die implikasies daarvan vir Suid-Afrika se polisiediens en regstelsel.