Sowat 'n jaar gelede het president Cyril Ramaphosa 'n krisiskomitee in die lewe geroep om Transnet se probleme uit te sorteer. Intussen is seniorbestuurslede, onder andere Transnet se bestuurshoof, Portia Derby, in die pad gesteek. Die maatskappy se treurmares lyk egter of dit nie einde kry nie. Ons praat hieroor met professor Jan Havenga van die Universiteit Stellenbosch.