Op en WakkerOp en Wakker

Transgender vlieënier terug in die lug

View descriptionShare
Amper twee jaar nadat die Burgerlugvaartowerheid Kailer Smit verbied het om te vlieg as gevolg van sy hormoonbehandeling, is dié transgender vlieënier terug in die stuurkajuit. Met meer as 2 500 vliegure op sy naam het hy nie net vir homself opgestaan nie, maar ook die weg gebaan vir toekomstige transgender vlieëniers. Van sy kinderjare toe hy al besluit het hy wil ’n seun wees, tot die oomblik toe hy sy droom om vlieënier te word verwesenlik het - Kailer gesels oor sy stryd, sy passie en sy visie vir die lugvaartbedryf.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,762 clip(s)