Tot 40% van die wêreldbevolking ly aan allergieë. Dis vandeesweek Wêreld Allergie-week, en die Suid-Afrikaanse Stigting vir Allergieë (AFSA) het 'n spesiale veldtog om bewusmaking en inligting hieroor te versprei. Navorsing oor allergieë bring voortdurend nuwe inligting na vore onder meer oor kosallergieë. Ons praat met Idionette van Zyl, 'n dieetkunduge en lid van die AFSA-advieskomitee.