Gister, presies 50 jaar gelede, het die eerste televisie-uitsending in Suid-Afrika plaasgevind. Uitsendings was in daardie stadium nog in ’n toetsfase, en die SAUK sou volwaardige TV-uitsendings eers 'n jaar later, in 1976 begin. Die uitsaailegende, Riaan Cruywagen, was van die begin af betrokke by televisie, en is vandag nog te sien as een van die aanbieders van Met 'n Huppel in die Stap.