Op en WakkerOp en Wakker

Tegnologie, Afrikaans en die toekoms

View descriptionShare
Ons lewe in ‘n tegnologiese wêreld, en hoe meer kunsmatige intelligensie posvat, hoe meer oorweldigend kan die vooruitsigte daarvan raak. Maar is dit werklik so vreesaanjaend, of selfs so nuut? Het die mens nie maar deur die 20ste eeu gewoond geraak aan tegnologiese ontwikkelings nie? Die sogenaamde Generasie X is juis diegene wat gebore is in ‘n tyd waar alles rondom hulle analoog was – van telefone tot platespelers – en toe in hulle vormingsjare soomloos moes oorskakel na ‘n digitale wêreld van rekenaars, selfone, en die internet. Pieter Geldenhuys is ‘n toekomskundige wat jy al meermale op RSG gehoor het. Hy was selfs in ‘n stadium RSG se internet-strateeg, toe hierdie radiostasie teen die draai van die eeu die nuwe millennium tegemoet gegaan het as een van die mees tegnologies gevorderde stasies in die wêreld. Ons praat met hom oor tegnologie, en hoe dit die toekoms kan verander.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    4,120 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 4,123 clip(s)