Die gebruik van vloekwoorde in Afrikaanse TV-reekse en rolprente, ook in koerantartikels, word volgens 'n artikel in RAPPORT, veel meer en algemeen gebruik, as 'n jaar of drie gelede. Volgens kenners is rolprente soos KHAKI FEVER en MY F*K MARELIZE, deels daarvoor verantwoordelik dat krag- en vloekwoorde meer aanvaarbaar geword het. Maar wat is die invloed op die algemene taalgebruik, die volksmond, van Afrikaanssprekendes? Ons praat met die taalkundige, professor Gerhard van Huyssteen. Hy kyk al jare lank na vloekwoorde en die gebruik daarvan in Afrikaans.