Op en WakkerOp en Wakker

Tawwie Tienie skeer SA-rekord los

View descriptionShare
Tienie du Plessis, 'n boer van Steynsburg in die Oos-Kaap, het pas 'n nuwe Suid-Afrikaanse skaapskeer rekord opgestel, toe hy 'n allemintige 263 skape in nege ure geskeer het. Dit was vir die mans- solorekord vir merino-ooie. Skaapskeerders in die Hardemanskaroo praat nie verniet van rugbuk-staan nie. In die nege ure, het Tienie nagenoeg 1,8 liter vog per uur verloor, teenoor 'n marathonatleet wat gemiddeld sowat 500 milliliter per uur verloor. Tienie doen dit ten bate van die liefdadigheidsorganisasie, The Pink Drive. Dis die eerste keer dat só 'n rekord in Suid-Afrika opgestel is. Suid-Afrika het ook wêrelderkende beoordelaars wat hierdie soort kompetisies internasionaal beoordeel. Een so 'n beoordelaar is Eddie Archer, 'n skaapboer van die Trompsburg-distrik in die Suid-Vrystaat. Eddie en Tienie sluit by ons aan.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    3,359 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 3,362 clip(s)