Die rooivleisbedryf bly onder geweldige druk omdat bek-en-klouseer steeds produksie, handel en marktoegang bedreig. Die land kyk toenemend na internasionale voorbeelde om te sien hoe ander die siekte suksesvol onder beheer gekry het. Afgevaardigdes van die departement van landbou, plaaslike boere en diergesondheidkundiges het pas uit Brasilië teruggekeer waar hulle nuwe insigte oor biosekuriteit en die bestuur van die siekte bekom het. Ons praat met John Steenhuisen, die minister van landbou.