Ons kyk in hierdie reeks na Suid-Afrika se geskiedenis met kernenergie, veral die ontwikkeling van 'n atoombom. Verlede week het ons gepraat oor die Springbok-atleet wat bomme by die Koeberg-kragsentrale geplant het. Ons dit die gesprek voort met professor Jo-Ansie van Wyk, 'n politieke wetenskaplike verbonde aan Unisa en 'n voorste kenner van kernenergie en atoombom-ontwikkeling. Sy vertel van die Kentron-sirkelfasiliteit.