Met die eskalering van die oorlog in die Midde-Ooste die afgelope week, en Israel wat dreig om Iran se kernaanlegte te bombardeer, is die kwessie van atoombomme weer in die nuus. Suid-Afrika het sy eie geskiedenis met atoombomme, en die voorste kenner hiervan is professor Jo-Ansie van Wyk, 'n politieke wetenskaplike verbonde aan Unisa. Verlede week het ons gepraat oor die politiek in die jare 60 met die verkiesing van HF Verwoerd as eerste minister. Ons praat verder met Jo-Ansie oor Suid-Afrika se kernontwikkeling.