Ons praat in hierdie reeks oor Suid-Afrika se geskiedenis met kernenergie, veral die ontwikkeling van 'n atoombom. Verlede week het ons gepraat Projek Mantel, Operasie Masada, Jan en San Publiek en die ANC-bom. Ons sit die gesprek voort met professor Jo-Ansie van Wyk, 'n politieke wetenskaplike verbonde aan Unisa en 'n voorste kenner van kernenergie en atoombom-ontwikkeling. Sy vertel van die naloop van die aftakeling van Suid-Afrika se atoombom, die huidige internasionale spanning, en Suid-Afrika se kernenergietoekoms.