Die somer lê voor, slange raak al hoe bedrywiger en Suid-Afrika sit steeds met ’n ernstige tekort aan teengif. Veral die teengif wat teen die byte van verskeie gevaarlike slangspesies gebruik word, is nie beskikbaar nie. Dit is ’n probleem wat nou al jare voortsleep, ondanks herhaalde beloftes dat voorraad aangevul sal word. Ons praat met Johan Marais, stigter van die Afrika Slangbytinstituut.



