Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het om die dag op die regte voet te begin.
7,319 clip(s)
Loading playlist
Planne van die Departement van Basiese Onderwys om by skole se toelatingskriterium in te meng, het die afgelope week hewige debat ontlok. Die onderwysdepartement se planne sluit in dat skole nie meer akademiese, sport of kulturele prestasie mag gebruik in hulle keuringsproses van leerders nie. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van Fedsas, dr. Jaco Deacon.